Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 3 JULIE 2016

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ........................................... (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 Sentraal Afrika Tyd in Afrikaans en om 08:30 Sentraal Afrika Tyd in Engels landswyd 'n nuusbulletin uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink - luisteraars is daar 'n herleiding deur Johan, ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se webblad.

Hierdie oudio bulletin kan van die Liga se webblad by www.sarl.org.za afgelaai word. 'n Teks weergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin hierdie bulletin met nuus van drie stil sleutels

Dit is met hartseer dat ons moet rapporteer dat die sleutel van CL "Tippy" Marais, ZS1CL, stil geword het in sy 83ste jaar op Donderdag 16 Junie 2016. Hy was 'n lid van die Liga en die Kaapstadse ARS vir byna 58 jaar en het as ‘’n Raadslid van die Liga gedien. Ons betuig ons innige meegevoel aan sy vrou, Marlene, die gesin en sy baie vriende.

Dit is met leedwese dat ons die afsterwe van Hendrik van Riel, ZR1HMV, op Woensdag 22 Junie na 'n hartaanval moet aankondig. Ons betuig ons innige meegevoel aan sy broer, Len, ZS1LEN, en die familie.

Dit is met leedwese dat ons moet rapporteer dat die sleutel van Des Pettit, ZS2ABU, stil geword het op Donderdagoggend 30 Junie 2016. Des was 'n ywerige radio amateur, 'n ywerige ondersteuner van die Maritime Net en 'n gereelde operateur op die plaaslike 6 en 4 m net in Port Elizabeth. Ons betuig ons innige meegevoel aan sy familie en baie vriende.

POUSE

In die nuus vandag,

ELEKTRONIESE STEMMERY IS OOP EN DOKUMENTE VIR DIE SAV IS BESKIKBAAR

AMATEURRADIO HERHALERS OP SENTECH PERSELE

en

AMSAT SA BEPLAN 'N WEEKLIKSE SATELLIET DAG

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus items.

** Dokumentasie vir die SAV wat op 30 Julie 2016 gehou sal word is nou beskikbaar op die lede afdeling van die Liga se webtuiste by www.sarl.org.za. Daar is 'n skakel op die tuisblad.

Elektroniese stemmery vir die nuwe Raad is ook nou oop en sal oop bly tot middernag op Vrydag 22 Julie. Die adres vir die stemstelsel is www.sarl.org.za/Web3/CouncilElection/ waar jy ook die CVs van al die genomineerdes sal vind.

Bestudeer die CV's van die genomineerdes noukeurig en kies diegene wat jy glo die Suid-Afrikaanse Radioliga vorentoe sal neem. Daar is 17 nominasies vir die Raad om die 10 vakatures te vul en jy kan vir tot 10 genomineerdes stem. As jy jou wagwoord vergeet het, is daar 'n opsie om hierdie per e-pos te ontvang.

** Die ZS5 Naelloop is vanmiddag tussen 14:00 en 15:00 UTC op die lug met gelykgolf en foon aktiwiteit op 40 meter. Vind al die inligting op bladsy 52 van die 2016 SARL Blouboek. Hier is jou kans om die ZS5 QSOs te kry vir jou Worked all ZS toekenning.

** Baie jare gelede het die Suid-Afrikaanse Radioliga en Sentech ’n memorandum van verstandhouding onderteken wat toegelaat het dat amateurradio herhalers in Sentech terreine en op torings geplaas word. Verlede jaar het Sentech sy beleid oor die huisvesting van toerusting op hul terreine hersien en het ’n verhuringsooreenkoms in werking gestel. 'n Werkswinkel is in September verlede jaar gehou om die pad vorentoe te verduidelik en die belangrikheid van volgehoue ondersteuning deur Sentech te bespreek.

Sentech het die Liga se voorstelle hersien en gevind dat dit nodig is om kennis van kansellasie van die MVV te gee. In 'n brief aan die Liga, skryf Sentech dat die maatskappy bereid is om 'n nuwe elektroniese kommunikasiefasiliteite meester ooreenkoms vir fasiliteite wat die Liga tans gebruik te sluit.

'n Opname van watter herhalers op Sentech terreine bedryf word is verlede jaar gedoen. Vir die Liga om met Sentech die pad vorentoe te bespreek, is dit noodsaaklik dat hierdie lys opgedateer word. Alle Klubs en amateurradio groepe wat tans 'n herhaler of 'n baken op 'n Sentech terrein het, moet met onmiddellike effek, die Suid-Afrikaanse Radioliga adviseer van die besonderhede. Stuur 'n e-pos met al die inligting aan admin@sarl.org.za.

Die Liga beplan om in die nabye toekoms met Sentech te vergader. Die afsnypunt om 'n opdatum lys saam te stel is Woensdag 13 Julie 2016. Behandel asseblief die versoek as belangrik en bring hierdie inligting onder die aandag van jou klubvoorsitter en herhaler koördineerder.

** Die Julie-uitgawe van Radio ZS is beskikbaar op die webtuiste van die Liga, kyk onder ‘Publications’ op die linkerkant. Die tema van hierdie uitgawe is die Jeug. Tot op hede is slegs 195 eksemplare afgelaai. Slegs 600 eksemplare van die Junie uitgawe is afgelaai.

** Dit het onder die aandag van die Suid-Afrikaanse Radioliga gekom dat tydens 'n gesprek oor die Pretoria Amateur Radio Klub herhaler op Sondag 26 Junie net voor die SARL-nuus uitgesaai is, 'n operateur vuil en neerhalende taal gebruik het.Hierdie gesprek is via Echolink op die netwerk.

Die Raad en lede van die Suid-Afrikaanse Radioliga wil sê dat as die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, sal ons nie sulke gedrag duld en sal op sodanige gedrag op tree in die sterkste moontlike manier. Die Liga wil ook graag 'n beroep doen aan al die Klubs om sulke gedrag en handeling te veroordeel teen enige lede wat hulle skuldig maak aan sulke dade.

In tussen, het die betrokke Klub die voortou geneem deur op te tree teen hierdie persoon. Die Klub het dit verder verseker dat hulle die Liga opgedateer sal hou oor die vordering van die saak.

Jy luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga gelees deur ..................................... (jou naam, roepsein)

** Tot op hede het die Suid-Afrikaanse Radioliga reeds 805 lede vir die boekjaar 2016/2017. Negentien Klubs het hul affiliasie hernu. Ledegeld is betaalbaar op 30 Junie, maar die databasis sal slegs aan die einde van Augustus skoongemaak word. As jy in paaiemente wil betaal, reël asseblief met die Liga kantoor.

** Die IARU HF-kampioenskap is op die lug vanaf 12:00 UTC op Saterdag 9 Julie en eindig 24 uur later. Dit is gelykgolf, foon of gemeng op 160, 80, 40, 20, 15 en 10 meter. Die reëls is beskikbaar by www.arrl.org/iaru-hf-championship. As jy graag wil deelneem as 'n lid van die SARL HK Stasie, kontak Geoff, ZS6C, by contest@sarl.org.za so gou as moontlik. Jy hoef nie in Johannesburg te wees om deel te neem.

** AMSAT SA is van plan om 'n weeklikse satelliet dag vir radioamateurs te reël om sodoende hulle aan te moedig om satelliete te bedryf. Die voorstel is om voorkeur gleuwe vir satelliet werking, byvoorbeeld Dinsdag tussen en 18:00 en 23:00 daar te stel. Daar is 'n aantal relatief maklik satelliete om te bedryf. Hierdie sal geïdentifiseer word en werkings tye met besonderhede oor die wentelbaan en tyd oor Suid-Afrika en buurlande sal vooraf bekend gemaak word. AMSAT SA is op soek na insette van radio amateurs wat belangstel om deel te neem. Stuur asseblief jou voorstelle en idees na saamsat@intekom.co.za

Verlede week het AMSAT SA radioamateurs wat belangstel om deel te neem in besprekings oor SDR projekte genooi om hul kontakbesonderhede, insluitende hul Skype adres te stuur aan saamsat@intekom.co.za. Slegs 'n paar persone het gereageer. Vir meer inligting oor SDR, besoek die AMSAT SA webtuiste by www.amsatsa.org.za en laai die SDR aanbieding wat Deon Coetzee, ZR1DE, by die onlangse Ruimtesimposium gelewer het, af. Neem deel aan die gesprek!

** Ons Son, 'n geel ster, sal by aphelium wees op 4 Julie 2016, dit wil sê die maksimum afstand van 152 103 775 km van die Aarde. Perihelium, wanneer die aarde die naaste aan die Son is op 'n afstand van 147 100 998 km, vind plaas op 4 Januarie 2017. Die son is verantwoordelik vir beide kort en lang afstand kommunikasie op die HF-bande en laer, wanneer dit die F2, F1, E en D lae in die ionosfeer ioniseer, terwyl in die nag, die F2 en F1 lae kombineer om die F-laag te vorm en die D-laag heeltemal verdwyn.

Die maksimum bruikbare frekwensie (MUF) styg bo 30 MHz tydens die hoogtepunt van die sonsiklus wanneer die maksimum aantal sonvlekke sigbaar is en bied wêreldwyd voortplanting op die onderste BHF bande. Dit gebeur altyd rondom equinox in Maart en September wanneer die 50 MHz (6 meter) band oopmaak en lewer baie sterk DX seine. Ironies genoeg, is dit ook die tyd, vir 'n week of twee, wanneer die MF band op 160 meter ook vir DX operasie oop gaan, wat sowat twee uur voor sonop tot 'n halfuur of so na sonop. Dit was gedurende die tydperk dat beide die Oos- en Wes-kus van die VSA vir die eerste keer vanaf Oos-Londen op gelykgolf met 'n wettige krag limiet van slegs 10 watt gewerk is. So probeer dit met hoër krag!

** Gedurende die week, het Dennis, ZS4BS, kennisgewing ontvang dat die ZSFF program vir die Wêreldwye Flora en Fauna Toekennings aanvaar is. ’n Lys van die beskermde gebiede van Suid-Afrika, Namibië en Botswana is opgestel uit data wat gevind is op die Wêreld Databasis van beskermde gebiede en in Wikipedia. Die ZSFF span wil graag insette van radioamateurs in hierdie drie lande ontvang voordat die amptelike lys opgelaai sal word na WWFF. Jy kan 'n kopie van die voorlopige lys vind by http://tinyurl.com/h2arg92. Stuur jou kommentaar aan zs4bs@netactive.co.za.

Dennis sal Mokala Nasionale Park, ZSFF-0028 tussen 4 en 6 Julie aktiveer, luister in die middae uit op 7 144 kHz.

** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak baie laag gaan wees. Daar is nog steeds geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 10 vir die week gebruik.

Amateurs kan goeie openinge op die 20m band verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou vir die dagboek van gebeure:

Vanmiddag – die ZS5 Naelloop
9 en 10 Julie - die IARU HF-kampioenskap
10 Julie - die SARL Jeug Net
16 Julie - die Winter QRP kompetisie
16 tot 23 Julie - die IARU Streek 1 Somer Jeugkamp in Oostenryk
24 Julie - die ZS2 Naelloop
30 Julie – die Spesiale Algemene Vergadering by die Nasionale Amateurradiosentrum

Om hierdie bulletin te beëindig, 'n herhaling van ons belangrikste item in die nuus vanoggend.

Dokumentasie vir die SAV wat op 30 Julie 2016 gehou sal word is nou beskikbaar op die lede afdeling van die Liga se webtuiste by www.sarl.org.za. Daar is 'n skakel op die tuisblad. Elektroniese stemmery vir die nuwe Raad is ook nou oop en sal oop bly tot middernag op Vrydag 22 Julie.

Die ZS5 Naelloop is vanmiddag tussen 14:00 en 15:00 UTC op die lug met gelykgolf en foon aktiwiteit op 40 meter.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die ‘news inbox’ skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 sentraal Afrika tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Johan de Bruyn, ZS6JHB, en gelees deur .......................................................

73 en 88, dankie dat jy geluister het.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003